top of page
Writer's pictureJJH Coetzee

Die storie agter Pro Sheep Solutions: Johann Coetzee

Updated: Oct 14, 2020

Sedert Pro Sheep Solutions amptelik aan die begin van 2020 gestig is, is daar al verskeie boere wie se skaapboerderye floreer met behulp van die dienste wat die maatskappy bied. Maar die stigter, Johann Coetzee, is al vir die afgelope drie jaar besig met die ontwikkeling en verfyning van die praktyke wat Pro Sheep Solutions een van die voorlopers van innoverende skaapboerderytegnieke in Suid-Afrika maak.

Meer oor Johann

Johann Coetzee is in 1993 gebore en het sy matrieksertifikaat by Hoër Landbouskool Oakdale in Riversdal verwerf. Hy het toe B.Agric studeer by die Elsenburg Agricultural Training Institute, waar hy gespesialiseer het in kleinvee en agronomie. Hierna het hy begin boer op die plaas Lamont, geleë tussen Vleesbaai en Gouritsmond op die Tuinroete. Hy het tussendeur sy landbou-opvoeding en loopbaan nog altyd ‘n kop vir besigheid gehad.

“Ek het groot geword in ‘n huis waar die besigheidstrukture en die makro-ekonomiese klimaat altyd in ag geneem was, en my pa is ook ‘n sakeman.” Die korporatiewe mentaliteit was dus ‘n konstante in Johann se verwysingsraamwerk. Daarom, toe hy die gaping in die industrie van skaapboerdery begin agterkom het in die praktyk, het die eerste planne vir ‘n besigheid soos Pro Sheep Solutions begin ontstaan. Nuwe innovasie was nodig om die skaapboere van Suid-Afrika tot in die moderne, digitale era te dryf, en Pro Sheep Solutions is gebore uit hierdie aanvraag.


Meer oor Pro Sheep Solutions

Die maatskappy se dienste strek oor ‘n wye spektrum van praktyke wat die skaapindustrie moderniseer en bevorder. Die einddoel van Pro Sheep Solutions is die verhoogde effektiwiteit van skaapbestuur en -boerdery deur digitalisering. Skape word deur middel van RFID-plaatjies (in samewerking met RFID Experts Africa) geïdentifiseer en geanaliseer. Beide ooie en ramme word op die boer se databasis ingevoer, en sodra lammers gebore word, ontvang hulle ook ‘n plaatjie wat hulle verbind aan die ooi en betrokke ram. Lammers word ook geweeg en hul eienskappe geanaliseer met behulp van Pro Sheep Solutions se moderne toerusting.

Die uiteinde van hierdie akkurate data-insameling en analise, is dat daar met groter presisie en vooruitgang met die boer se bepaalde skaapbevolking geboer kan word. Die resultate spreek dus vir hulself.

“Pro Sheep Solutions probeer homself onderskei as die elite skaapseleksie en -bemarkingsplatform, wat spesialiseer in digitale metodes,” sê Johann. “Met ander woorde, ons probeer digitaliseer en die moderne maniere gebruik om beter bemarking, beter seleksie en beter besigheidsbestuurpraktyke in plek te sit, sodat die boere meer geld in hulle sak kan sit.”

Pro Sheep Solutions bied ook konsultasies en praatjies aan in verband met die innoverende praktyke wat toegepas word. Vir meer inligting oor die dienste wat gebied kan word of om ‘n konsultasie te bespreek, kontak gerus vir Johann op ons webtuiste of deur ‘n e-pos te stuur na info@prosheepsolutions.co.za. Kyk ook gerus na die Pro Sheep Solutions Facebook-blad.

425 views0 comments

Σχόλια


bottom of page